Belydenisklas
Potchefstroom-Noord
Jy moet egter so gou as moontlik vir Johan kontak indien jy die proses wil afhandel voor die einde van die jaar.
Onseker oor die proses, of soek jy meer informasie?
Deel 1 - Fokus op God
Die eerste drie video's in hierdie reeks gaan oor fokus op wie God is.
Episode 1: God drie-enig; Wie is God?Meer oor die video:Ons kyk onder andere na vrae soos hoe God drie kan wees, maar ook Een? Waarom help 'n eier ons Hom beter te verstaan? Hoekom is God die Vader die een wat skep. Wat beteken dit as God ons Vader noem, maar ek hou eers altyd van my eie pa en ma nie?
|
|
Episode 2: Wie is Jesus; Wie is die Heilige Gees?Meer oor die video:Ons gesels oor Jesus se koms na die aarde. Waarom het dit gebeur, en waar vind ons vandag vir Jesus aan die werk in ons lewens. Die Heilige Gees word deur Jesus gestuur om ons onder andere te bemoedig.
|
|
Episode 3: God se verbond / Sy beloftesMeer oor die video:God sluit met die wêreld 'n verbond, maar wat beteken dit? Nie net nou nie, maar ook vir die toekoms?
|
|
Deel 2 - Fokus op myself
Om jouself te ken en te weet hoe God in jou lewe werk is belangrik
Episode 4: Sonde en geloofsekerheidMeer oor die video:Hoe weet ons dat ons in God kan glo? Wat is sonde? Kan ek dit ontsnap of dit altyd deel van my lewe? Hierdie is die vrae wat in hierdie video na gekyk word.
|
|
Episode 5: Geloofsvorming en roeping
Meer oor die video:Ons kan daagliks groei in ons verhouding met God, en dit versterk dan ons roeping dat Hy ons lei en ons gebruik in die wêreld.
|
|
Episode 6: Toegewyde lewe en geloofsgewoontes
Meer oor die video:Om daagliks te kan groei in geloof moet ons sekere geloofsgewoontes kweek. Maar wat is geloofsgewoontes? Wat beteken dit om ‘n toegewyde lewe te kan leef? Is ons nie maar eenmaal te sleg om toegewyd aan God te wees nie?
|
|
Deel 3 - Fokus op die kerk
Leer die kerk ken en verstaan waar jy inpas
Episode 7: Die doop en die nagmaalMeer oor die video:Ds Gerrit Visser gesels met Dr Hannes Shultz oor kwessies wat die kerk raak. Die eerste stilstaan plek is die kerk se sakramente: Die Doop en Nagmaal.
|
|
Episode 8: Hoe lyk die kerk?Meer oor die video:Ds Gerrit Visser gesels verder oor die kerk saam met Dr Hannes Shultz. In hierdie episode kyk ons na hoe die kerk lyk, verskillende denominasies en wat die doel van die kerk is: gestuurdheid!
|
|
Episode 9: Die waardes van die kerkMeer oor die video:Dr Hannes Shultz gesels verder met Ds Gerrit Visser oor die kerk, en in hierdie episode fokus ons op waardes wat belangrik is in die kerk.
|
|
Deel 4 - Fokus op die gemeente
Leer die gemeente ken en verstaan waar jy inpas
Episode 10: Wat is die gemeente?Meer oor die video:Ds Gerrit Visser gesels met Dr Japie Steyn oor wat "die gemeente" is.
|
|
Episode 11: Missionale gemeentesMeer oor die video:Ds Japie Steyn gesels met Ds Gerrit oor wat dit beteken om "misionaal" kerk te wees.
|
|
Episode 12: Die gemeenskap van gelowigesMeer oor die video:Ds Gerrit Visser en Dr Japie Steyn gesels oor wat die gemeenskap van gelowiges beteken en waar ons inpas.
|
|
Deel 5 - Fokus op die omgewing
Leer die omgewing ken en verstaan waar jy inpas
Episode 13: 'n Inkarnasie leefstylMeer oor die video:Om te lewe op 'n manier wat jy werklik verbind is met die omgewing waarbinne God ons elkeen geplaas het.
|
|
Episode 14: In die publiekMeer oor die video:Ds Braam Smith gesels met Ds Roelof Minnaar oor hoe ons 'n instrument in God se hande kan wees.
|
|
Episode 15: Ekologie en ekumeneMeer oor die video:Ds Braam Smith gesels met Ds Roelof Minnaar oor die omgewing en hoe ons saam met die natuur moet leef.
|
|
Deel 6 - Samevatting
So glo en bely ek!
Episode 16: SamevattingMeer oor die video:Ds Braam Smith gesels met Ds Phil Gräbe oor waarom dit so belangrik is om te glo in Jesus.
|
|
Proudly powered by Weebly