Belydenisklas
Jou gemeente kan deel wees
Daar is vier maniere om deel te wees van www.belydenisklas.com. Die eerste is om die video proses te doen wat ons reeds verfilm het. Jy kan onder aan hierdie bladsy daarvoor inskryf...
Ons het egter nog drie maniere geskep wat jy kan deel wees van hierdie belewenis!
Want elke leraar het al sy eie materiaal ontwikkel!Omdat ons weet dat leraars en jeugleiers elkeen hul eie manier van finalejaar het, wil ons graag van hierdie webtuiste gebruik maak om jou materiaal vlerke te gee. Indien jy jou materiaal wil plaas sodat ander leraars dit deel maak van hul finalejaars se proses is jy welkom om dit te doen.
Ons sal vir jou 'n unieke ruimte skep daarvoor. Dit wat jy in die Koninkryk doen is belangrik! |
Want elkeen van ons wil ons geloof deel!Om finalejaar te wees kan soms eensaam raak. Ons glo dat elke finalejaar moet weet dat sy of haar geloofsreis gedeel word saam met ander tieners regdeur Suid-Afrika en ook elders in die wêreld. Daarom beplan ons 'n massa Zoom waartydens ons gaan sien hoe groot die groep was wat van hierdie platform gebruik gemaak het!
|
Want soms help dit om iemand anders se raad te vra!Tieners gesels soms makliker oor geloofsvrae via Whatsapp met iemand wat hulle nie ken nie. Daarom stel ons hierdie tutor dienste bekend.
Ons skep vir elke tutor 'n profiel met meer besonderhede oor wie hulle is en waar hul Teologiese belangrstellings lê. Enige tieners kan jou dan via Whatsapp kontak met hul vrae. |
Alhoewel slegs sewe gemeentes se leraars deel was van die verfilming van die video's en temas, kan enige gemeente deel wees.
Ons sal vir julle 'n unieke bladsy skep en jul leraar of jeugleier se besonderhede koppel sodat hulle direk die informasie kan ontvang.
Proudly powered by Weebly